2 maande gelede
Stigting lok klomp celebs
sexy: Hailey Baldwin se verloofde is baie erg oor haar.Foto: sawfirst  ~ 

DIE tiende jaarlikse Blossom Ball van die Endometriosis Foundation of America het weer van die grootste sterre en mooiste vroue gelok.

Die event het Woensdag in New York plaasgevind.

Die topmodel Hailey Baldwin (22) was ook daar. Haar ewe pragtige suster, Alaia, het haar vergesel.

Die twee susters was die groot aantrekking van die aand.

Justin Bieber se vrou het net soos ’n cover girl gelyk – wat sy natuurlik is.

Geld is by die event ingesamel om bewusmaking te skep vir vroue wat aan endometriose ly. Endometriose is ’n chroniese toestand waar baarmoederweefsel buite die baarmoeder groei. Miljoene vroue wêreldwyd ly aan die siekte.

Daar is geen cure vir die siekte nie en die event het talle celebs gelok om fokus op die siekte te plaas en geld in te samel.

Ander bekendes wat die event bygewoon het, is Molly Qerim, Fran Drescher,  Jalen Rose, Ruth Almeida, Kennya Baldwin, Stephen Baldwin en Andrew Aronow.

Dr. Tamer Seckin en Padma Lakshmi, die stigters van die foudation, was ook daar. – Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters