4 maande gelede
Stevie word geopereer
Stevie WonderFoto: tmz.com  ~ 

STEVIE Wonder het volgens TMZ sy toer uitgestel sodat hy ’n dringende nieroorplanting kan ondergaan.

Die legendariese sanger het Saterdag in Engeland tydens sy set by die British Summer Time Hyde Park Musiekfees die nuus bekend gemaak. Hy sê hy gaan nog drie shows doen voordat hy ’n break vat.

Die operasie vind in September plaas.

Stevie het ook gesê hy het reeds ’n skenker, so die crowd hoef nie te worry nie.

Mense in die gehoor het eers geskok gelyk, maar het darem hande geklap toe hulle besef hy kyk goed na sy gesondheid en sal orrait wees.

Voor sy aankondiging was daar moer baie rumours oor die ou se gesondheid.

Bronne het gesê Stevie sukkel met ’n “ernstige maar hanteerbare gesondheidskwessie” en dat hy selfs ’n mediese span het wat saam met hom travel.

’n Radiopersoonlikheid het laas maand gesê die ou is op dialise, want hy ly aan nierversaking.

Nou het ons darem die regte storie uit die perd se bek gehoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters