14 dae gelede
Ster skitter op big screen
Lady Gaga blink uit in haar fliekdebuut.Foto verskaf  ~ 

LADY Gaga (32) het nie gedink sy is ’n mooi vrou nie.

Ek sien op Channel24 die sangeres het dié naweek haar Hollywood movie-debuut gemaak in A Star Is Born.

Op die filmfees in Venesië waar die première plaasgevind het, het sy openhartig gepraat oor haar pynlike pad na roem.

Die remake van die 1937 movie gaan oor ’n meisie wat dink haar neus is te groot. Dan beplak sy haar met dik lae make-up.

Die “Bad Romance”-sangeres sê die storie van die karakter wat sy vertolk het, lê haar baie na aan die hart.

Sy pak uit: “Aan die begin van my loopbaan was ek baiekeer nie die mooiste vrou in die vertrek nie, maar ek het my eie songs geskryf.

“Hulle wou dikwels hê ek moes my songs vir ander sangers gee, maar ek het aan my musiek vasgeklou met my koue, dooie vingers.”

Die ster sê hulle het nie gelike hoe sy lyk nie.

“Hulle het voorstelle gemaak oor hoe ek moet lyk. Ek wou altyd ’n left turn maak. Ek wou nooit sexy wees of soos die ander vroue beskou word nie. Ek wou ’n kunstenaar en ’n vrou uit my eie reg wees.”

Sy vertel haar grootste uitdaging met die fliek was om weerloos en ontbloot te wees.

“Ek is lief daarvoor om myself te transformeer en te shapeshift. Dit is deel van my kuns en my musiek. Maar Bradley (Cooper, haar medester) wou my sonder al daai sien. Hy het ’n tipe weerloosheid in my uitgebring en my so vry laat voel.”

  • Die movie word van 12 Oktober af in Suid-Afrikaanse cinemas gewys.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters