12 dae gelede
Ster depro ná divorce
Skeisaak: Brandon Blackstock en Kelly Clark­son is uitmekaar.Foto: etonline.com  ~ 

KELLY Clarkson sê sy sukkel met depressie nadat sy en haar man, Brandon Blackstock, uitmekaar is.

Die sangeres, aktrise en talk show host het aan die begin van die maand vir divorce gefile nadat sy en haar bestuurder (43) sewe jaar getroud was.

Kelly het op haar show met die sangeres Demi Lovato gepraat oor haar geestesgesondheid en hoe sy sukkel.

Die 38-jarige ster wat twee stief- en twee van haar eie kinders het, het gesê ’n mens word van kleins af geleer om net aan te gaan, “veral in die wêreld van kreatiewe mense”.

Kelly het gesê dis beter om openhartig te wees oor dié goed, want daar is ander mense wat ook sukkel.

“En as ’n mens vir berading gaan, is dit ook nie asof alles gou oor is nie. Dis ’n ding waaraan die jy elke dag moet werk,” glo sy. – Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters