3 maande gelede
Stasie 'teiken' Tunzi
MIN GESPIN: Zozibini Tunzi voel vere oor Metro FM se omstrede peiling op Twitter. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

METRO FM is lelik in die sop weens ’n twiet oor onse nuwe Mej. Suid-Afrika.

Die Kaapse radiostasie moes omtrént verskoning maak oor ’n peiling op Twitter waarin hulle fans gevra het of die nuut gekroonde Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, “stunning”, “net oukei” of die “verkeerde keuse” was.

Die 25-jarige Zozibini van Kaapstad is op Vrouedag as ons nuwe Mej. Suid-Afrika gekroon.

Ná die openbare backlash is die peiling verwyder en skryf Metro FM liewer ’n boodskap van gelukwensing.

Die SABC-radiostasie het ook ’n verskoning uitgestuur waarin hy die ongelukkige woordkeuse in die sosiale media “ongeoorloofde inhoud” sonder die radiostasie se goedkeuring noem.

The Juice skryf Metro FM gaan ’n ondersoek laat doen wat gevolg sal word deur “relevante interne maatreëls teen diegene wat verantwoordelik is”.

Zozibini het aan Sunday World gesê die voorval het haar glad nie gepla nie.

Sy sou net gekrenk gevoel het as die peiling haar intelligensie bevraagteken het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters