3 maande gelede
Spesiale aand van kos en musiek vir vroue beplan
Groot talent: Die sangeres Bianca Solomons gaan vroue vermaak.FOTO’S verskaf  ~ 

DIÉ aand gaan doen wat dit sê op die boks.

Só belowe Samantha Oliphant, organiseerder van An Evening Filled with Good Food and Music.

Sy is baie opgewonde om vroue op dié spesiale aand te vermaak sodat hulle van hulle alledaagse uitdagings kan vergeet.

“Ons wil plaaslike kunstenaars die geleentheid gee om hulle stories te vertel deur musiek wat inspireer,” sê Oliphant. “Ons is baie opgewonde oor die konsert waar ons vroue wil celebrate. Dit gaan baie spesiaal wees, want ons vroue is kosbaar.”

SJ Productions, in samewerking met DGP Music, bied dié spesiale aand op 31 Augustus by die vaardigheidskool Westcliff in Ou Paarlweg, Bell­ville, aan.

Die gaskunstenaars is Kristan Donson, Maritza Truter, Tiyana-Lee Stemmet en Bianca Solomons.

Die vertoning begin 19:00 en die kaartjies kos R100.

  • Vir meer inligting, bel Oliphant by 076 064 6220 of stuur ’n e-pos na samanthaoliphant@gmail.com.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters