11 dae gelede
Spacey wys weer gesig – in Rome
G’n skaam: Kevin Spacey lees ’n gedig deur die Italiaanse digter Gabriele Tinti in ’n museum in Rome.Foto: Getty Images  ~ 

KEVIN Spacey het weer in die openbaar uitgesteek. Dis nadat die tweemalige Oscar-wenner van seksuele wangedrag beskuldig is.

Kevin het ná ’n lang stilte skielik in ’n Italiaanse museum uitgesteek om ’n gedig voor te lees.

Die 60-jarige akteur het die gedig “The Boxer” deur die Italiaanse digter Gabriele Tinti voorgedra. In Engels, natuurlik.

Aanranding

Hy het die voorlesing gedoen terwyl hy langs die standbeeld “Boxer at Rest” in die Palazzo Massimo alle Terme in Rome gestaan het.

Dis ’n maand nadat ’n jong kêrel wat die akteur van seksuele aanranding aangekla het, die saak teen hom laat vaar het.

Ek sien op The Juice die digter het self vir Kevin gekontak om die gedig voor te lees.

Luidens AP het die museum op sy website net gesê ’n “wenner van twee Oscars” sal die gedig voordra.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters