14 dae gelede
Spacey kry space
Kevin Spacey Foto: Hollywoodreporter.com  ~ 

EISH! Dinge raak net al hoe smeriger vir die vermeende vatterige ou ballie genaamd Kevin Spacey.

Maar daar is darem ’n bietjie goeie nuus ook vir die akteur, want ’n jong man wat hom van sexual assault aangekla het, het nou sy lawsuit in Nantucket, Massachusetts, gedrop.

Die klaer, William Little, het beweer hy het ’n selfoonvideo gemaak toe Spacey hom glo in Julie 2016 betas het in ’n restaurant waar hy as 18-jarige gewerk het.

Die video wys glo volgens AFP hoe Spacey sy hand in die outjie se broek druk.

Little het dit ook vir sy girlfriend gestuur.

Maar toe Spacey se lawyers gevra het om die beweerde video te sien, het Little se lawyer skielik gesê die foon met die bewyse is skoonveld.

Little sê hy het nog nie die foon met ’n oog gesien nadat hy dit in Desember 2017 aan die cops oorhandig het nie.

Die cops sê op hulle beurt hulle het die foon teruggegee aan die outjie se pa. Maar dié kan nie so iets onthou nie.

Die judge het toe beslis as Little nie die foon iewers kan uitkrap nie, sal hy maar moet getuig. Maar Little was duidelik nie lus vir dié besigheid nie.

Hoofrol

Spacey is diep in die tjol nadat meer as ’n dosyn mans sedert 2017 in Yankland en Engeland bos gelos het oor hoe Spacey met hulle wou oulik maak.

Dit het die tweemalige Oscar-wenner se hele career moer toe gestuur.

Hy het onmiddellik sy job as die main karakter in House of Cards verloor en ook die hoofrol in Ridley Scott se movie All the Money in the World.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters