Verlede maand
Soulja sit in die selle tot hofsaak
mang: Die rapper Soulja Boy sit weer in die tronk. Foto: hollywoodglammagazine.com  ~ 

JA, DIE rappers en hulle dinge, nè?

Ek lees op TMZ dat die rapper Soulja Boy nou mang nadat ’n judge bevind het dat hy sy paroolvoorwaardes op verskeie maniere oortree het.

Een van daai viola­tions is dat hy ammo by sy huis gestoor het.

Soulja het verlede week in die hof in Los Angeles ingestap vir sy saak.

Maar hy is toe op die ou einde sonder seremonie opgesluit.

Die judge het gesê die ou het nagelaat om sy community service te voltooi (een van die paroolvoorwaardes) en hy het valse bewyse gegee dat hy dit wel gedoen het.

Maar die grootste no-no het gekom ná ’n raid van die rapper se huis in Februarie in die San Fernando-vallei.

Die cops het na die huis gekom nadat een van sy ekse gesê het Soulja het haar vasgebind en toegesluit in sy garage.

En toe vind die cops mos daai ammo in die huis.

En dis ’n moerse probleem, want Soulja het parool oor ’n wapensaak doer ver in 2014.

Soulja is in Maart gearresteer, maar weer op dieselfde dag vrygelaat nadat hy sy paroolbeampte gaan sien het.

En die ou mang nou totdat sy saak weer aan die einde van die maand voorkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters