2 maande gelede
Solo en Dineo hak knoop deur
gelukkig: Dineo en Solo se troue die afgelope naweek was intiem.Foto: twitter  ~ 

EEN van Mzansi se geliefdste couples, Dineo Moeketsi en Solo, het Saterdag getrou.

Min mense het van die troue geweet.

Die aktrise Dineo en die musikant Solo was jare lank ’n couple en het nou besluit om amptelik man en vrou te word.

Net party van hulle naby familie en vriende was op die troue.

Van die bekendes wat daar was, is die radiopersoonlikheid Thando Thabethe, die aktrise Rami Chuene en die komediant Moshe Ndiki.

Die pasgetroudes het nie self enige foto’s van die troue op sosiale media gesit nie, maar vriende en familie het dit gedoen. – Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters