11 dae gelede
Solange gooi lange

SOLANGE Knowles (33) seil nou alleen.

Beyoncé se jonger sussie het dié naweek op Instagram aangekondig haar en haar hubby, Alan Ferguson, se paadjies het al vroeër dié jaar geskei.

Die twee is in 2014 in ’n intieme seremonie in New Orleans getroud.

Solange is baie soos haar ousus: Hulle zip albei lip oor persoonlike sake.

Sy was nog altyd baie privaat, dis seker dié dat ons nie agtergekom het dinge is nie te waffers nie.

Solange het drie foto’s van haarself op Instagram gelaai en ’n lang, ietwat kriptiese caption geskryf oor haar vyf jaar lange huwelik wat tot ’n einde gekom het.

Beskerm

“Ek het 11 jaar gelede ’n fenomenale man ontmoet wat elke bestaan van my lewe verander het.

“Ons paadjies het vroeër dié jaar geskei (hoewel dít niemand se besigheid is nie).

“Ek vind dit nodig om die heiligheid van my persoonlike waarheid te beskerm en om dit voluit te lewe, nes ek voorheen gedoen het.

“Dis so onregverdig om magteloos te wees om jou eie storie te shape, te mould en te herskryf.

“Niemand is perfek nie, maar ek leun nader aan die vrese van die onbekende en al die glorie en mag wat ek weet in God is.”

Solange en Alan het nie kinders nie. Sy het wel ’n 15-jarige seun van haar eerste man, Daniel Smith.

Ons sal seker eers oor ’n ruk weet hoekom die duifies nie meer saam koer nie.

Dit sal een of ander tyd uitkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters