2 maande gelede
Snaakse Dalin maak jou lag-lag wys
stiek yt: Dalin Oliver se show Adulting kom Baxter toe. foto verskaf  ~ 

DALIN Oliver (30) staan gereed met sy derde opwindende one-man show.

Die voormalige wiskunde-onnie en nou komediant het met ’n plaaslike radiostasie hande gevat om die show Adulting na die Baxter Teater te bring. Die show begin Maandag 16 September en sal tot 21 September op die planke wees.

Waaroor gaan die komediant dié keer grappies maak?

Oliver het onlangs die dirty 30’s betree en ons almal weet mos dis die ouderdom waar die mensdom verwag dat jy al jou lewe uitgesort moet hê. Maar eintlik is jou lewe aan’t uitmekaar val!

Oliver gaan grappig vertel hoe elke dag tot nog meer uitdagings lei, asook probeer uitklaar hoe om in die grootmenswêreld te oorleef.

Briljante

As jy dié grapjas se vorige twee shows, I Came, I Taught, I Left en Face for Radio, gekyk het, sal jy weet hierdie een kan jy nie misloop nie.

En as jy nog nie dié briljante laitie van Retreat in aksie gesien het nie, moet jy jou haas na enige Pick n Pay-winkel of sommer aanlyn by Webtickets ’n kaartjie bespreek.

  • Kaartjies vir Maandag en Dinsdag kos R80 en van Woensdag af tot Saterdag sal jy R120 betaal. Daar is ook spesiale pryse vir blokbesprekings (meer as tien kaartjies).

Die show begin elke aand 20:00. Saterdag is daar twee shows – een om 18:00 en een om 21:00.

Die materiaal vir die show is deur Oliver geskryf. Die regie word behartig deur een van Mzansi se gunsteling-komediante, Stuart Taylor.

Moenie soe wiesie, stiek yt.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters