14 dae gelede
’Slegte Kev’ bakhand
weer hêppie: Wendy Williams het ’n nuwe berk. Foto: getty images  ~ 

DAAR moet Wendy al weer diep in haar sak krap vir “slegte Kevin”.

’n Judge het Wendy Wil­liams beveel om $250 000 (sowat R3,8 miljoen) aan haar joller-eksman Kevin Hunter sr. te betaal.

Volgens Page Six wys hofdokumente dat Wendy die geld aan hom moet betaal.

Dis nadat sy hulle familiehuis verkoop het en nuwe reëlings vir verblyf moet tref.

Die aanbieder van The Wendy Williams Show het mos vroeër dié jaar haar man skeihof toe gesleep nadat sy jolmeid die lewe geskenk het aan sy laitie.

Kaalgat

Hy het toe van Wendy en hulle seun Kevin Hunter jr. weg getrek uit hulle huis in Livingston, New Jersey, en ingetrek by sy nuwe gesinnetjie.

Maar dit lyk nou asof Kevin kaalgat is en hulp by Wendy soek.

Sy het in die week op haar show na haar seun as “goeie Kevin” verwys en net haar gesig getrek.

Die host lewe tans haar beste lewe in ’n larney apartment in New York en sy het ook ’n nuwe ou in haar lewe.

In Vrydag se episode het sy vir haar staff gevra wat hulle van haar nuwe berk dink.

Een van hulle het geantwoord: “Hy is nice. Lank en aantreklik. Baie slim. Jy het goed gedoen, Wendy.”

Sjym, Wendy is deur baie en verdien nou ook ’n bietjie geluk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters