9 dae gelede
Slam Jam tuisdorp se trots
Slam Jam  ~ 

SLAM Jam het twee weke gelede by die Garden Route Casino in Mosselbaai aan die jaarlikse Battle of The Jazz Bands deelgeneem.

Die band het na die finals deurgedring.

Claudia Hendriks het die prys gekry vir beste sangeres in die Suid-Kaap en Derek Hendriks vir beste instrumentspeler met sy baskitaar.

Slam Jam is as die beste orkes  in die Karoo aangewys en hy was derde in die Suid-Kaap. Sodoende het Slam Jam Prince Albert se naam hoog gehou en die gemeenskap trots gemaak.

Die beoordelaars het opgemerk Prince Albert het sulke klein mensies met sulke groot stemme.

Inligting

As dit van die gehoor afgehang het, sou Slam Jam loshande die eerste prys gevat het, want die band was duidelik die people’s choice.

Slam Jam gaan weer volgende jaar aan die kompetisie deelneem. Die band sal ook in Goedverwacht naby Piketberg by die jaarlikse Snoek-en-Patatfees optree.

Mense wat meer inligting wil hê, kan Derek Hendriks kontak by 084 861 6072 of stuur vir hom ’n e-pos by hendriks725@gmail.com.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters