2 maande gelede
Skoonheidskoningin se hare vat vlam
Dorcas Kasinde
Mej. Kongo, Dorcas Kasinde, is as Mej. Afrika 2018 gekroon.  ~ Verskaf

Afgesien van die verkeerde persoon wat by ‘n skoonheidskompetisie gekroon kan word, is daar nou nog ‘n vrees.

Mej. Kongo, Doscas Kasinde, het die Mej. Afrika 2018 skoonheidskompetisie gewen. 

Haar kroning was egter nie soos beplan, toe haar hare vlam gevat het nie.

Kort na die ongelukkige voorval het ‘n video daarvan viral gegaan.

Organiseerders het ‘n dag later foto’s van Dorcas gepost wat met die kroon en ‘n groot glimlag sit.

Nooddienswerkers het die 24-jarige na die voorval ondersoek en sy het weggestap met geen beserings nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters