5 maande gelede
Skok-arrestasie na moord op vrou
HOE NOU? Pitch Black Afro is luidens berigte agter tralies vir die moord op sy vrou. foto verskaf  ~ 

DIE local rapper Pitch Black Afro is agter tralies vir die moord op sy vrou, het sowetanlive.co.za laat gister­middag berig.

Volgens ’n vroeëre berig op News24 is ’n verdagte “na aan die slagoffer aangekeer”, maar die naam van die verdagte is nie in die berig gegee nie.

Catherine Modusane (41) is op Oujaarsdag oorlede. Pitch Black Afro, wie se regte naam Thulani Ngcobo is, het volgens ’n betroubare informant self die polisie gebel nadat sy vrou in ’n bed and breakfast in ’n Johannesburgse voorstad oorlede is, berig sowetan­live.co.za.

Eers is gedink sy is aan natuurlike oorsake dood. Beserings aan haar bolyf het gemaak dat die patoloog die saak na een van moord verander het.

“Die verdagte word by die polisiestasie in Yeoville aan­gehou en sal môre in die landdroshof in Hillbrow verskyn,” het die polisie gister confirm.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters