15 dae gelede
Skatryk tot stinkryk
DANKIE, COTY: Kim Kardashian is ’n high-flyer.  ~ Getty Images

KIM Kardashian-West (39), nes haar kleinsus Kylie Jenner, is ook nou ’n lid van die elite groep billionaires wêreldwyd.

Die rapper Kanye West (43) het sy vrou gelukgewens met haar groot mylpaal as sakevrou.

Dít nadat die massiewe cosmetic-dikding Coty ’n 20% aandeel in die mogul se make-up-reeks KKW Beauty gekoop het.

Die deal het Kiki al die pad bank toe laat lag met $1 miljard (sowat R17 miljard).

Die omset van die realiteit-ster se maatskappy, wat sy in 2017 begin het, het sommer al in 2018 groot belofte getoon met $100 miljoen (tóé sowat R1,3 miljard).

Kanye kon nie genoeg oor sy vroutjie spog nie. Maar mense op Twitter spot Kanye natuurlik oor hy ’n “stillewe” van ’n groenrissie, tamaties en blom saam met die post oor sy vrou geplaas het.

Trots

Twieps meen hy moes eerder ’n foto van haar gepost het.

Ek is nie eens verbaas dat hy iets so vreemds gedoen het nie. Hy is ’n ander skepsel en daarmee moet ons maar vrede maak.

Hy skryf: “Ek is so trots op my pragtige vrou, Kim Kardashian-West, wat amptelik ’n billionaire geword het.

“Jy is deur baie storms en nou skyn God ’n lig op jou en jou familie.”

Die jongste Kardashian-sussie, Kylie, het ook 51% van haar make-up-reeks, Kylie Cosmetics, aan Coty verkoop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters