4 maande gelede
Sjef werskaf vir goeie doel
groot hart: Keanon Michaels is reg om ’n sesgangmaaltyd te kook vir liefdadigheid. Foto: nick aldridge photography  ~ 

DIE talentvolle sjef Keanon­ Michaels se hart klop warm vir sy gemeenskap.

Die main ou van Keanon’s Kitchen het uit sy pad gegaan om verskeie borgskappe te kry vir ’n fondsinsameling vir outistiese kinders.

’n Spogete – A Dinner Between­ Friends – vind môreaand plaas by The Sout in Salt River waar die gesoute chefs Michaels en André Hill agter die potte gaan staan vir ’n goeie doel.

Michaels, wat al van die ouderdom van nege af kook, vertel die opbrengste van die geleentheid gaan na die Autism Connect Learning Centre in Strandfontein.

“Die geld gaan gebruik word om ’n groter terrein vir die sentrum te kry. Op die oomblik word daar gebruik gemaak van ’n tydelike gebou.

“Die mense daar doen goeie werk om die kinders te help.”

Sesgangmaaltyd

Michaels, oorspronklik van Strandfontein, vertel hy glo daaraan om mense van kleur te bevorder en reeds daarom is die talentvolle sommelier Pearl Oliver-Mbumba nader getrek.

Oliver-Mbumba gaan die wyn uitkies wat saam met die sesgangmaaltyd geskink gaan word. Asof dit nie genoeg is nie, gaan die entertainment van die aand jou mond nog verder laat water.

Die geliefde komediant Shimmy Isaacs is die MC vir die aand en die acoustic duo David en Rhonwyn Poole gaan die musiek vir die aand verskaf.

As jy nie nog nie jou kaartjies vir die geleentheid het nie en graag die goeie saak wil ondersteun, kan jy Keanon gerus by keanon@keanonskitchen.co.za kontak.

Kaartjies kos R450 elk en die event sal 18:30 begin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters