15 dae gelede
Simone is beslis pa se kind
TROTSE DERRA: Dwayne “The Rock” Johnson se dogter Simone Johnson is nou amptelik ’n lid van die WWE.  ~ Foto Verskaf

DIE appel val mos nooit te ver van die boom af nie, nè?

Dwayne “The Rock” Johnson se oudste dogter, Simone (18), wat hy saam met Dany Garcia het, is nou amptelik ’n lid van die WWE.

Die trotse derra het in ’n post op Instagram genoem dat sy Simone ’n WWE-sportpersoon van die vierde generasie is.

People berig die stoeier-derra se bloedjie het sommer self aangekondig dat sy ’n kontrak by die WWE geteken het en saam met hulle begin oefen het.

In ’n verklaring het die nuwe stoeier gesê dit is ’n wonderlike oomblik.

Droom

“Dit beteken die wêreld vir my om te weet dat my familie so ’n persoonlike connection met wrestling het. Dit is regtig spesiaal vir my en ek voel dankbaar om daai nalatenskap verder te kan vat.”

Sy het ook in die sosiale media geskryf dit was nog altyd ’n droom van haar.

“Hierdie is vir die klein meisie wat versot geraak het op wrestling en gesê het dit gaan eendag haar lewe word.

Ek is humbled, dankbaar en gereed om te werk. Kom ons doen dit.”

Met só ’n attitude kan jong Simone mos net so ’n groot legende soos haar derra word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters