10 dae gelede
Siljeur maak musiek vanaand en Sondag
Winston Siljeur  ~ foto verskaf

DIE musikant en regisseur Winston Siljeur gaan sy storie vertel deur musiek. Sommer binnekort!

“Ek is opgewonde om te kan optree en die fans op ’n reis te neem deur bekende jazz- en oorspronklike musiek,” vertel hy.

“Musiek het die vermoë om mense te connect en bymekaar te bring, ook op ’n geestelike vlak.”

Siljeur het sy eie YouTube-kanaal en is opgewonde om plaaslike talent die blootstelling te gee om hulle talent ten toon te stel.

Hy tree vanaand met sy jazz-klanke in die Stratus Steakhouse in die Radisson Blu Hotel in Riebeekstraat in Kaapstad op. Dit begin 19:30.

Op Moedersdag (Sondag) gaan die Winston Siljeur Quartet die gaste vermaak met gehaltemusiek uit die boonste rakke.

Dit vind (van 13:00) by die Mojo Market in Seepunt plaas.

Dis beslis die perfekte geleentheid om julle ma’s te bederf én ’n uitvoering wat julle nie kan misloop nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters