5 dae gelede
SignatureSA se eersteling kom
in studio: Die groep SignatureSA reik binnekort sy eerste album uit.foto verskaf  ~ 

SIGNATURESA se debuutalbum sal binne­kort op die rakke­ wees.

Binnekort, want SignatureSA doen nog net die finishing­ touches aan sy eerste album.

Dié is een van die opwindendste jong bands op die plaaslike musiektoneel en die ouens is excited oor die geboorte van hulle eerste baba.

Die bekende Kaapse musikant, skrywer en producer Seredeal­ “Shaggy” Scheepers is die producer.

Shaggy het Don Vino se album,­ wat onlangs uitgereik is, en ’n single vir The Pedestrians produce.

SignatureSA is Joshua America­ (kitaar), Waylan van den Heever (baskitaar), Lawren Jonas (percussions), Royston Samuels (keyboards en musiekregisseur) en Lincoln Jonas (saxofoon). Die vyf is van 19 tot 23 jaar oud.

Die motto van dié manne van Belhar en Elsiesrivier op die Kaapse Vlakte is You name it, we play it.

Hulle het hulle eerste band al op skool gestig. SignatureSA is connected as familie en vriende en het ook diep wortels in die kerk.

Royston sê hulle fans kan uitsien na ’n verskeidenheid klanke op dié album.

Shaggy stem saam: “Dis ’n mengsel van klanke. Jy kan nie eintlik ’n label daarop plak nie.

“Dis nie vergelykbaar met enige iets nie. Ek dink alle musiek beweeg in daai rigting.”

Shaggy sê hulle oorweeg dit om die album The Journey te noem, maar voeg gou by die titel word nog bespreek.

  • Vir besprekings of meer inligting, email ashleigh@bruk man.co.za of bel 084 448 9293.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters