8 dae gelede
Siekte laat Biebs baie sorry lyk
LYK OES: Justin Bieber sĂȘ hy is net siek.  ~ Backgrid

JUSTIN Bieber tik nie, dis van Lyme disease dat hy so oes lyk. Of só sê hy.

Die bakterie wat dié siekte veroorsaak, word versprei deur ’n soort bosluis wat op bokkies teer.

Bieber (25) het gekap na mense wat sê hy lyk soos een wat tik gebruik.

Hy het op Instagram gepost wat Lyme disease is en bygevoeg hy sukkel ook met klierkoors, oftewel mono. Dié word deur die Epstein-Barr-virus veroorsaak.

Uitslaan

Mense wat dit het, word ook baie gou moeg, kry hoofpyne en slaan uit met ’n rash. Die simptome is baie soos dié van Lyme disease.

Bieber het Woensdag laat hoor mense dink hy tik.

“Lyme disease is by my gediagnoseer,” skryf hy.

“Verder het ek chroniese mono, wat my vel laat uitslaan, my brein affekteer en my energie tap.”

Hy is vroeër die week saam met sy vrou, Hailey Bieber, in Beverly Hills gesien. Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters