15 dae gelede
Show het slaankrag
verliefdes: Liezl de Kock en Marlo Minnaar speel in die toneelstukStatements after an Arrest under The Immorality Act. Foto: CLAUDE BERNARDO  ~ 

ATHOL Fugard se kragtige show Statements after an Arrest under the Immorality Act se speelvak word verleng tot 26 Oktober!

Die toneelstuk, wat in 1972 geskryf is, was baie gewild op die Klein Karoo Nasionale Kuns­tefees (KKNK).

Die show is vir vyf Kanna-toekennings benoem nadat dit by die KKNK gedebut het.

Die toneelstuk was so gewild onder teatergangers in die Kaap dat dit nou van Woensdae tot Saterdae tot 26 Oktober in die Fugard Studio-teater opgevoer gaan word.

Die regisseur van Statements is Greg Karvellas en die bekroonde akteur Marlo Minnaar (7de Laan, Santa Gamka, Sara se Geheim en Die Boland Moorde) speel teenoor die talentvolle Liezl de Kock.

Marlo vertolk die rol van Errol Philander, wat ’n verhouding aankoop saam met Liezl se karakter, Frieda Joubert.

Die twee verliefdes se liefdesvlam word dan geblus deur die Ontugwet.

Dubbelkaartjies

Bookings kan gedoen word deur die Fugard Theatre box office te bel by 021 461 4554.

Belangstellendes kan dit ook op die website thefugard.com doen.

Son gee ook twee stelle dubbelkaartjies weg.

SMS net die antwoord vir die volgende vraag na 35128: In watter teater wys die toneelstuk Statements after an Arrest under the Immorality Act?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters