14 dae gelede
Sho sê haar sê
Ruik rot: Sho Madjozi sê Burna Boy het hul song van die internet af verwyder. Foto’s: Getty Images  ~ 

SHO Madjozi glo die Nigeriese rapper Burna Boy sien haar as ’n groot bedreiging.

Die “John Cena”-rapper het dié week in ’n rits twiets verduidelik hoe sy dink Burna Boy haar beskou.

Sy het getwiet oor die remix van die song “Own It” deur die Britse rapper Stormzy, Ed Sheeran en Burna Boy waarin sy ook feature.

Die remix is laas maand uitgereik, maar nou beweer Sho die song is verwyder oor die Nigeriese rapper bedreig voel.

Sho meen dis oor sy saam met hom vir ’n BET-toekenning benoem is in die kategorie beste internasionale act.

Sy sê laas jaar was alles nog dooddollies tussen hulle, maar dit lyk asof haar sukses, veral met haar hit“John Cena” haar ongewild by Burna Boy gemaak het.

Sho twiet: “Almal wat benoem is, het groot dinge gedoen en hulle moet vertroue hê dat hul werk die praatwerk vir hulle sal doen.

“Ek is persoonlik baie gelukkig met die werk wat ek die laaste jaar gedoen het. ‘John Cena’ was ’n interna­sionale phenomenon. Ek het dit gedoen.”

In ’n ander twiet laat hoor sy: “Laas jaar was ek en Burna Boy nog cool by die BET Awards. Ek raai niemand het gedink dat dié klein meisie ’n bedreiging vir hulle is nie, maar nou is ek in dieselfde kategorie benoem.”

Kla

In nóg ’n twiet sê sy: “Ek kan verkeerd wees. Dalk het hy (Burna Boy) ander redes.

“Tog, die BET-aankondiging was op 15 Junie en teen die 17de Junie het baie mense by my kom kla dat hulle nie die song van ons kon vind nie.”

Ons sal maar op 29 Julie moet kyk wie met die gesogte BET-toekenning wegstap.

Sho, ons hou duim vas vir jou, meisie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters