3 maande gelede
Shakira dodge glo taks
Scrips don’t lie? Shakira hou vol sy het nie agterstallige tax nie. Foto: Getty Images  ~ 

SHAKIRA is hof toe gesleep oor sy Jan Taks nie betaal nie.

Die 42-jarige sangeres van Colombia sweer hoog en laag sy het nie probeer om haar tax-verpligtinge te dodge nie.

Sy het onlangs in die hof verskyn nadat sy in Desember aangekla is dat sy nie €14,4 miljoen (sowat R245 miljoen) se taxes in Spanje betaal het nie.

Ek sien op The Juice die “Gypsy”-sangeres het in die hof getuig sy is op datum met haar taxes.

Haar PR-maatskappy het dit ook duidelik gemaak dat sy Jan Taks nie ’n sent skuld nie.

Verhuis

“Shakira het nog altyd haar belastingverpligtinge nagekom in elke land waarin sy gewerk het. Dit sluit die tydperk tussen 2011 en 2014 in.

“So gou soos sy daarvan ingelig is dat sy haar taxes in Spanje moet betaal, het sy die hele bedrag net so betaal.”

Die sangeres het in 2015 van die Bahamas na Barcelona in Spanje verhuis om by haar partner, die Spaanse sokkerster Gerard Piqué (32), te gaan nes skop. Hulle het twee kinders, Milan (6) en Sasha (4).

Maar die aanklaers hou vol Shakira het reeds voor 2015 in Spanje gebly en in dié tyd nie belasting op haar wêreldwye inkomste vir daai jaar betaal het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters