3 maande gelede
Serena rol in tjieng
Slim belegger: Serena Williams is die sportvrou wat die meeste geld verdien. Foto: getty images  ~ 

SERENA Williams is die heel eerste sportvrou wat Forbes se lys van Amerika se rykste self-made vroue gehaal het.

Die tenniskampioen is $225 miljoen (so R3,2 miljard) werd. Sy is dié week by Forbes se lys gevoeg.

Die 23-malige Grand Slam-wenner is nommer 80 op die lys.

Ander celebs wat ook die lys gehaal het, is die TV mogul Oprah Winfrey, die sangeres Beyoncé Knowles en die realiteitster Kim Kardashian.

Serena het laas jaar $29 miljoen (R420 miljoen) uit endorsement deals met Nike­ en die beleggingsbank JPMorgan Chase gemaak.

Sy het ook in die laaste vyf jaar in 34 maatskappye belê.

Die tennisster het gesê: “Ek wil deel vorm van die infrastruktuur. Ek wil deel van die brand wees, nie net die gesig daarvan nie.”

Sy het ook erken sy klop gereeld by haar manlief, die Reddit-medestigter Alexis Ohanian, aanklop vir sakeraad.

“Ek maak regtig staat op Alexis,” het die tennisster erken.

USA Today berig sy verdien omtrent dubbel soveel as enige ander sportvrou.

Die mamma van een het verder gesê: “Ek is in geen haas om klaar te maak met sport nie.

“Ek wil ’n brand skep wat langdurig gaan wees, soos my loopbaan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters