7 dae gelede
Selfmoord-orgie by R. Kelly se huis toe liegstorie
vals alarm: Die polisie het verniet by R. Kelly se huis opgedaag nadat ’n prankster gesê het vroue wil daar selfmoord pleeg. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DAAR is regtig siek mense daar buite!

En dié keer praat ek nie eens van R. Kelly (52) self nie, maar van die persoon wat ’n fake oproep na die cops gemaak het en hulle ingelig het dat ’n hele paar vroue beplan om ’n massa-selfmoord-orgie by die vermeende sekspes se huis te gaan hou, berig TMZ.

Onwaar

Die anonieme persoon het beweer Azriel Clary (21), een van die R&B-sanger se twee bloedjong meisies, wou saam met vier ander vermeende slagoffers selfmoord pleeg in sy larney woonstel in Trump Tower in Chicago.

Die cops in Chicago het aan E! News gesê hulle het die oproep Dinsdag 17:00 gekry.

R. Kelly se skakelpersoon het bevestig dié wilde nuusberig is onwaar.

“Hy is oukei. Hy maak gereed om te repeteer en ’n paar songs te sing.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters