Verlede maand
Selena worry ná Demi drug overdose
Selena Gomez  ~ Gallo Images / Getty Images

SELENA Gomez is baie besorg oor haar vriendin Demi Lovato.

Ons het mos gister berig die “Sorry Not Sorry”-sangeres het vroeër dié week ge-overdose, en haar reps het laat weet dat sy wakker en saam met haar familie is.

Die popster is opgeneem in die Cedars-Sinai Mediese Sentrum in Los Angeles.

Ek sien op E! News haar celeb-tjommies soos Nick Jonas staan bankvas agter haar en boodskappe met goeie wense stroom in.

Ontsteld

Maar haar bestie, Selena, was nie onder die celebs wat haar ondersteuning getoon het nie.

’n Bron na aan Selena sê sy was baie emosioneel en ontsteld toe sy van die voorval hoor.

Die bron wei uit: “Selena het uitgereik na Demi se familielede om haar liefde, gebede en ondersteuning met hulle te deel.

“Sy is rêrig besorg oor Demi se gesondheid. Sy haat dit dat Demi so moet ly.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters