2 maande gelede
Seksistiese ‘Idols’ pla
jippee! Hier is die toptien in Idols SA 2018. foto verskaf  ~ 

MZANSI het 9 miljoen votes ingestuur om sy toptien in Idols SA 2018 te kies.

Die beoordelaars Unathi, Somizi en Randall het Suid-Afrika verras en gesê pleks van wild cards gaan hulle eerder die twee kies wat die negende en tiende meeste votes ingesamel het.

Die Twitter-koppe het omtrent die piep gekry oor hoe die toptien gekies is.

Gebruikers meen die organiseerders van Idols moet die toptien kies ongeag of hulle mans of vroue is.

In die toptien was daar nog altyd die vyf vroue en die vyf mans met die meeste stemme.

Nou sê die Twitterverse die vroue was baie beter as die mans en sekere vroue moes hulle plek afstaan oor daar vyf mans gekies is.

Een het selfs gesê daar is eintlik net twee mans wat die tjops het om deur te gaan en die res van die toptien moes vroue gewees het.

Ek stem! Dis hoog tyd dat Idols sy diskriminasie los, want die aantal stemme is belangrik, nie die deelnemers se geslag nie.

Hier is die toptien:

1. Basimane Boys “King B” Melato (19)

2. Yanga Sobetwa (17)

3. Nosipho Silinda (18)

4. Ntokozo Makhathini (18)

5. Zamagambu “Xae” Memela (19)

6. Thando Mngomezulu (19)

7. Mthokozisi Nqcobo (20)

8. Thato Makape (23)

9. Lincoln Lewis (22)

10: Niyaaz Arendse (22)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters