10 dae gelede
Schoombee het nou vuil beeld
INNIE SOP: Bianca Schoombee het haar Twitter account delete nadat haar ou rassistiese twiets aan die lig gekom het.  ~ Twitter

MZANSI soek ’n squeaky clean­ Mej. Suid-Afrika.

En as jy enige rassistiese aanmerking gemaak het, word dit uitgekrap. Soos met Bianca Schoombee (21), ’n voornemende deelnemer aan Mej. Suid-Afrika 2020.

Bianca, ’n omgewingskundige van Johannesburg, het as tiener ongeskikte en rassistiese twiets gemaak.

In een van die twiets wat uitgekrap is, het sy ’n meme geshare van ’n swart seuntjie met ’n wit agtergrond.

In die meme staan: “Hy is so swart, die agtergrond moes wit gemaak word sodat ’n mens hom kan raaksien.”

In nog ’n twiet het sy vroue ge-body shame. In die twiet het sy gesê sy kan nie verstaan hoekom lelike vroue altyd so baie kinders het nie, want wie wil nog saam met hulle slaap?

Julle ken mos nou al vir Black Twitter! Gou is daar ’n veldtog, #BiancaMustFall, op Twitter begin.

’n Paar mense wat saam met Bianca skoolgegaan het, getuig op Twitter sy is ’n rassis.

Bianca se modelagentskap, Sync Models, sê ons moenie op haar verlede fokus nie en twiet: “Bianca is ’n wenner, maak nie saak wát nie. Sy is ’n leier wat aanpasbaar en gefokus is daarop om Suid-Afrika te verteenwoordig.”

Sync se twiets is eintlik net die laaste spyker in Bianca se Mej. SA-kis: ’n Mens erken jou foute en sê jammer.

Dit lyk asof Black Twitter se veldtog gehelp het, want sy het haar Twitter-account delete.

Schoombee se twiet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters