6 dae gelede
Sat vir skoonsus?
royal rumours: Trek Meghan Markle en prins Harry oor sy en Kate beef het? foto’s verskaf  ~ 

JULLE kan maar ontspan. Daar is nie beef tussen die hertogin van Sussex en die hertogin van Cambridge nie.

Kensington-paleis het onlangs gesê die gerugte dat die swanger Meghan Markle en Kate Mid­dleton mekaar se hare wil uittrek, is nonsies.

Vroeër vanjaar het People berig Kate (36) was in trane net voor prins Harry (34) en die voormalige aktrise (37) se royal wedding. The Sunhet later berig prins William (36) se vroutjie was ontsteld oor prinses Charlotte (3) se dress fitting wat nie volgens Meghan se demands verloop het nie.

’n Ander publikasie het geskinder Kate het Meghan ingevlieg oor dié haar staff rondge­order het.

Ek sien op The Juice’n amptelike woordvoerder vir die paleis het gesê dis onwaar dat die twee her­toginne ooit ’n menings­verskil gehad het.

“Dit het nooit gebeur nie,” het die woordvoerder laat hoor.

Daar is omtrent geskinder dat die tweetjies mekaar nie kan hanteer nie nadat onlangs bekend gemaak is dat Harry en Meghan na die larney Frogmore Cottage gaan trek. Dit het 10 kamers. Die couple se eersteling word volgende jaar gebore.

Toe Kate laas week ’n public appearance maak, het sy niks laat glip oor moontlike katterigheid tussen haar en haar skoonsuster nie. Sy was eerder baie opgewonde oor die koninklike bloedjie wat op pad is. Die ma van drie het gesê: “Dis so ’n spesiale tyd om kinders te hê en ’n niggie of nefie vir George, Charlotte en Louis. Dit is regtig spesiaal.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters