5 maande gelede
Sarah B se verhaal by dié wat ’n Kanna kry
Sarah se storie: Kay Smith speel in die teaterstuk Ons Is Almal Freaks Hier. Foto: KKNK.CO.ZA  ~ 

MET drie pryse elk het die debuutproduksie Swerfgoed en Hierdie Lewe die voortou geneem by die 24ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Kanna-prysaand.

Dié pryse word jaarliks toegeken aan uitnemende werk by die kunstefees.

Vanjaar is die fees van 21 tot 27 Maart aangebied – ouder gewoonte in Oudtshoorn – en die wenners in die 15 kategorieë is op Sondag 13 Mei bekend gemaak.

Bauke Snyman is vir Swerfgoed bekroon in die Kanna-kategorie vir die beste nuut­geskrewe teks.

Dit het reeds verlede jaar by Kunste Onbeperk se Teksmark die aandag getrek.

Die doel van Teksmark is om nuwe, plaaslike tekste in Afrikaans te ontwikkel.

Nicole Holm en Richard September het die beeldjies gekry vir beste vroulike en beste manlike byspeler.

Swerfgoed sal in Julie op die Vrystaat Kunstefees te sien wees en word ook later vanjaar in die Baxter-teater aangebied.

Dit is ’n koproduksie tussen die KKNK, NATi, die Baxter­teatersentrum en die US Woordfees.

Die prys vir beste teater­aanbieding het gegaan aan Ons Is Almal FreaksHier, ’n koproduksie tussen die KKNK en die US Woordfees.

Dit is geskryf deur die Hertzogwenner Ingrid Winterbach en gaan oor die verhaal van Saartjie Baartman.

Hier is die name van die mense en dinge wat vanjaar ’n Kanna gewen het:

Beste bydrae tot visuele kuns:

  • Johannes en Collen Ma­swanganyi (Dance and Carve with My Father)

Beste musiekproduksie:

  • Lepeltjie Vol Snare

Beste teateraanbieding

  • Ons Is Almal Freaks Hier

Beste debuutwerk

  • Babbelagtig

Beste kinderteater­aanbieding

  • Babbelagtig

Beste Uitkampteater-aanbieding

  • Doos/Box

Beste opkomende kuns­tenaar

  • Du Toit Albertze (Die Meermin-kompleks)

Beste akteur

  • Mbulelo Grootboom (Gif/Poison/Ityhefu)

Beste aktrise

  • Antoinette Kellermann (Hierdie Lewe)

Beste manlike byspeler

  • Richard September (Swerfgoed)

Beste vroulike byspeler

  • Nicole Holm (Swerfgoed)

Beste nuutgeskrewe teks

  • Bauke Snyman (Swerfgoed)

Beste regie

  • Wolf Britz (Hierdie Lewe)

Beste teaterontwerp

  • Wolf Britz (Hierdie Lewe)

Prys vir tegniese uit­nemendheid

) Pieter-Jan Kapp

Spesiale prys vir beste produksiebemarking

  • Moord in Ixiastraat – ’n Bal-oog-en-Brommel-avontuur.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters