19 dae gelede
Sanger van VSA sing in Kaapstad
inspireer: Die gospelsanger VaShawn Mitchell tree in Kaapstad op.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE Stellar-toekenningswenner VaShawn Mitchell van Amerika maak ’n Kaapse draai.

Mitchell het al musiek vir die Grammy-bekroonde Vanessa­ Bell Armstrong en Smokie Norful vervaardig.

Mitchell het pas sy nuwe album, Elements, uitgereik. Die musikant Joshua January, gasheer van die konferensie Ignite Worship, bring Mitchell na die Kaap

January wil plaaslike musikante en sangers help om die orde in die kerk te herstel en hulle te bemagtig.

“Dis my hartsbegeerte om ons musikante en sangers, veral worship teams in plaaslike kerke, te help om doeltreffender te wees in hulle aanbidding.”

Konsert

Die konferensie Ignite Worship vind plaas by die Petra Life Church in Weltevreden-weg en Cormorant-laan in Rocklands, Mitchells Plain, van vandag tot Sondag.

Daar is vandag ’n Millennial-diens en môre ’n diens vir jong volwassenes. Albei begin 18:00. Sondag begin die Synergy­-konsert 18:00.

Kaartjies kos R200 vir die hele naweek. Kaartjies net vir die konsert kos R100.

Die gaskunstenaars is onder andere Charisma Hanekam, Kevin Booysen, Winley Wheat, Clive Willemse en DJ Eazy. January gaan ook optree.

Besoek ignitewor­shipconference. com vir meer inligting oor die naweek s events.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters