20 dae gelede
Sanger prys die Here
genees: Godfrey Williams (52) bring hulde aan God op sy nuwe CD. Foto: SALMON SMITH  ~ 

KANKER is in 2010 by die gospelsanger Godfrey Williams (52) gediagnoseer, maar hy sê deur sy geloof is hy genees.

Hieroor is hy so dankbaar dat hy ’n gospel-CD gaan uitreik om hulde te bring aan God.

Williams en die bekende jazz-musikant Royston Skippers het vroeër die jaar byeengekom om te werk aan Williams se debuutalbum, U is die Antwoord.

Dit Die CD is by We-More Produc­tions in Parow opgeneem en het tien tracks, waaronder die titelsnit, “U is die Antwoord”, asook “Pa se Belofte”, “Pa se Kind” en “Thank You”.

Williams is in Ravens­mead gebore en het daar grootgeword.

Hy het op laerskool begin sing in die skool- en kerkkoor.

Hy het ook al saam met Walter Brown en Julie May gewerk.

“In 2000 het ek my hart vir die Here gegee. Ek het die gospelsanger Jattie van Jaarsveld ontmoet en hy het my aan die gospelbedryf bekendgestel.

Hoop

“In 2010 is prostaatkanker by my gediagnoseer en kankeragtige spots is op my niere ontdek.

“Ek moes gaan vir opvolgbesoeke by die dokter, maar ek het hoop verloor.

“Een oggend word ek wakker met die Here wat sê: ‘Jy is my kind en jy is genees!’

“Ek het toe nooit weer aan die kanker gedink nie en vandag is ek volkome genees deur my geloof.

“Ek het al die songs op my CD self geskryf om God te prys. Dit is produce deur Royston Skippers.”

Die CD is aan die einde van dié maand al beskikbaar, maar die official launch is in Oktober.

Kontak Williams op Facebook by die Godfrey Williams Artist Page of bel 081 765 1288.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters