3 maande gelede
Sam Smith se Kaapse draai begin nie goed nie
sam smith
Die eerste aand van Sam Smith se Kaapse draai was kortgeknip.  ~ Twitter

Sam Smith se Kaapse draai is op die eerste aand kortgeknip.

Minder as ‘n uur na Brit in die Grand Arena van GrandWest op die verhoog gaan staan het is die aand se optrede gecancel.

Big Concerts het op hul Facebook-blad geskryf: “Ongelukkig is daar druk op sy stembande en is die optrede by GrandWest gestop.

“Kaartjiehouers sal direk gekontak word en meer inligting oor die ander Kaapse optredes sal gekommunikeer word, soos dit beskikbaar word.”

Terwyl daar enkele was wie nie gelukkig was met die verwikkelinge nie, het ander meer liefde vir hom gewys.

Alida Müller skryf op Facebook: “Nou gehoor van my seun, vir wie ek ‘n baie duur kaartjie vir sy verjaardag – verlede jaar al gekoop het. Ek soek ‘n volle refund!”

Michelle Reimann skryf haar dogter vriend is baie teleurgestel.

Matt Pike voel die minste wat Sam kon doen was om self op die verhoog die nuus met fans te deel.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters