5 dae gelede
Safety first vir Kylie
SANTA MONICA, CALIFORNIA - AUGUST 27: Kylie Jenner
Kylie Jenner  ~ Getty Images

GEEN prys is te hoog vir Kylie Jenner as dit by die veiligheid van haar familie kom nie. 

Die werklikheidster en sakevrou spandeer maandeliks tussen $300 000 en $400 000 (tussen R4,3 miljoen en R5,9 miljoen) aan sekuriteit.

Caitlyn Jenner het dié nuus oor haar jongste dogter op I'm a Celebrity... Get Me Out of Here! bekendgemaak.

"Om dinge in perspektief te plaas. Dit is baie na aan die bedrag waarvoor sy Kylie Cosmetics and Kylie Skin verkoop het," sê Caitlyn. 

Die 70-jarige sê dis hartseer dat daar die heeltyd sekuriteit rondom die Kardashians en Jenners moet wees, maar dat hulle nou al gewoond daaraan is.

Die reuse bedrae word ook nie verniet spandeer nie.

Kylie moes in Oktober 'n restraining order kry om haar en Stormi (1) te beskerm teen 'n obsessiewe aanhanger. Die ou het aan haar deur geklop en aangedring om ingenooi te word.

In November is Brandon Sevilla Martinez vir 'n jaar tjoekie toe gestuur nadat hy op haar privaat eiendom oortree het. - Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters