3 maande gelede
Saak vir modepolisie
Kimye: Kanye West en sy Kimmy daag op by 2 Chain se troue. Foto’s: tmz  ~ 

KOM ons praat gou oor Kanye West, wat die naweek superklein sloffies na ’n wedding gedra het.

Dit was toe die rapper en sy vrou, Kim Kardashian, op 2 Chainz en Kesha Ward se troue in Miami was.

Lyk my Kimye het ’n ding vir klein klere.

Kim se neongroen latex-rok was so styf dat sy nie eens self uit hul ewe groen SUV – natuurlik om by haar outfit te pas – kon klim nie.

Ek sien op TMZ se foto’s Kanye – met sy klein slippertjies en al – moes sy vrou uit die kar lig en weer daarin toe hulle voor die troue gestop het vir roomys.

Kanye self het gelyk asof hy sy tweejarige seuntjie, Saint West, se Yeezy slides aangetrek het toe hy sy bruilofskoene nêrens kon kry nie.

Sy vrou kon hom minstens herinner het daaraan om ’n hemp, das en ordent­like skoene by sy peperduur, erg verkreukelde Louis Vuitton-pak aan te trek.

Sy was seker te besig om selfies te neem om nog op te let wat hy dra.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters