11 dae gelede
‘Ryan het eintlik net ’n break nodig’
Ryan Seacrest  ~ Gallo Images

JULLE, Ryan Seacrest (45) het nie ’n beroerte gehad in die finale van die oorsese talentsoekprogram American Idol gehad nie.

Dis wat die bekende TV-man se woordvoerder sê.

Die rep het die tydskrif People Maandag vertel: “Ryan het nie gisteraand enige tipe stroke gehad nie.

“Soos die meeste mense probeer Ryan aanpas by die nuwe normal; hy probeer ’n balans daarvoor vind om van die huis af werk met die ekstra stres om live shows van sy huis af te doen.”

Hy het probeer verduidelik Ryan het sy vinger in baie pies en het eintlik net ’n break nodig.

“Tussendeur die shows Live with Kelly and Ryan, American Idol, On Air with Ryan Seacrest, asook die Disney Family Singalong specials, moes hy oor die laaste paar weke drie tot vier on air jobs juggle en hy kort rus.

“So, vandag het hy ’n welverdiende break gevat.”

Die gerugte het begin toe die TV-man volgens fans ’n bietjie tam gelyk het in die live finale van American Idol. Twieps het toe uitgewys dat sy oë geswel was en dat hy oor sy woorde gestruikel het.

Hy het Maandag ook nie op Live With Kelly and Ryan­ verskyn nie. Dit het die beroerte-gerugte net aangevuur. Maar die rep het bygevoeg Ryan sal wel later dié week terug op sy pos wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters