9 dae gelede
Royal troue gecancel
ROEP HALT: Prinses Beatrice en Edoardo Mapelli Mozzi se troue is vir eers af.  ~ Getty Images

DAAR gaan nie meer ’n royal troue wees nie.

Prinses Beatrice en Edoardo Mapelli Mozzi het besluit om hulle troue te kanselleer weens die Covid-19-krisis.

Dié tweetjies sou op Vrydag 29 Mei in The Chapel Royal in St. James’s Palace trou.

Ek sien op E! hulle sou agterna ’n groot opskop by die Queen se Buckingham Palace gehad het.

Maar Edoardo, wat ook blou bloed het, se familie is almal in Italië, wat geklassifiseer is as ’n hoerisiko-land wat die corona-pandemie betref.

Bywoon

Dié land is op lockdown en dit beteken dat die ’gom se familie nie die troue kan bywoon nie.

Jip, die corona-virus affekteer selfs dié met blou bloed.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters