13 dae gelede
Rolene verwelkom nuwe baba
MAMMIE: Rolene Strauss se tweede bloedjie is hierdie week gebore.  ~ Foto Verskaf

DIE voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss se nuwe bondeltjie vreugde is hier.

Die queen, wat ook met ’n doktersgraad spog, het ’n paar maande gelede aangekondig sy en manlief D’Niel verwag hulle tweede bloedjie.

Die trotse mammie het die blye nuus op Instagram aangekondig.

Sy het ’n oulike foto gepost van haar eersteling, ook ’n seuntjie, se hand in die nuwe kleintjie se hand.

Die mammie van twee spog: “Ons gesonde babaseun is 23:46 op 10 Februarie gebore. Hy het 4,4 kg geweeg.

“Ons is baie geseënd om ’n gesonde en gelukkige baba te kon kry en ons geniet die eindelose cuddles.

“Welkom, ons klein liefde. Ons is so dankbaar om jou te verwelkom in ons klein familie van vier. Jou ouer broer is gereed om jou hand vas te hou op die reis wat ons die lewe noem.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters