2 maande gelede
Rocky weer op stage
rapper: A$AP Rocky in aksie ná sy tronkstraf.  ~ 

A$AP Rocky het dié week die eerste keer weer opgetree nadat hy uit ’n tronk in Swede vrygelaat is.

Die rapper het Maandagaand by die Real Street Festival 2019 in Anaheim, Kalifornië, opgetree.

Die 30-jarige rapper sal Woensdag die uitspraak in sy aanrandingsaak aanhoor.

Hy was reeds ’n maand in die tronk vir aanranding.

Rocky het in sy optrede gepraat oor wat hy die laaste paar weke in Swede beleef het.

“Dit wat ek daar ervaar het, is crazy. Ek is so bly om hier te wees. Julle sal nie verstaan nie.

“Dit was ’n scary, vernederende ervaring, maar ek is nou hier. God is goed, man. Ek kan nie genoeg dankie sê nie. Dit was crazy.”

Intussen het Cardi B, wat ook by die fees opgetree het, stunning gelyk in ’n jumpsuit en behoorlik die shine gevang. DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters