14 dae gelede
Robbie maak song oor Siya
Die cover van Robbie Wessels se single, Siya Kolisi.  ~ Foto Verskaf

DIE Springbok-kaptein Siya Kolisi se naam is op almal se lippe sedert die Bokke die Wêreldbeker gewen het.

Dit gaan dalk nou meer so wees noudat die Afrikaanse sanger Robbie Wessels 'n song oor ons triomfantelike kaptein gemaak het.

Robbie sê aan Channel24 sy song "Siya Kolisi" gaan oor meer as net die kaptein.

"Die song gaan ook oor die Bokke se oorwinning wat ons as nasie nader aan mekaar gebring het. Dit gaan ook oor Siya en die rol wat hy gespeel het om ons land te verenig.

"Ek hoop dit motiveer enigiemand wat in moeilike omstandighede is of was om die lewe se uitdagings aan te pak en te probeer om 'n sukses van hul lewens te maak."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters