9 dae gelede
Rob steel die show by paartie
GESOND: Rob Kardashian hou paartie saam met sy susters Khloé en Kendall.  ~ Instagram

ROB Kardashian het meisies in die sosiale media se koppe laat draai toe hy en sy familie nuwe foto’s van hom op hulle mediavoere gelaai het.

Dit was dié naweek die blonde Kardashian-sussie, Khloé, se 36ste verjaardag en natuurlik was die Kardashian-Jenner-klan daar – insluitend Rob. Die groot makietie is by die jongste sussie, Kylie Jenner, se paleis-huis gehou.

Julle weet mos die enigste Kardashian-broer hou hom skaars vir die kameras, veral ná sy liederlike split van sy baby momma, Blac Chyna.

Gewig

Fans van Rob kon hul oë nie glo toe hulle hom nou weer ná ’n lang tyd sien nie.

Die boeta het baie gewig afgeskud, hy lyk skoon en baie gesond. Hy het mos baie gesukkel en gewig opgetel tydens sy verhouding met Chyna en hy het baie afgerem gelyk nadat hulle twee opgebreek het.

Ek is nou nie die grootste aanhanger van Rob nie, maar ek moet sê hy lyk regtig baie goed.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters