16 dae gelede
Rita kry ’n twist
talentvol: Rita Ora wil graag in die classic movie Oliver Twist speel.Foto: splash news  ~ 

RITA Ora is besig met samesprekings om die Artful Dodger in ’n nuwe weergawe van die movie Oliver Twist te speel.

Die 28-jarige “Hot Right Now” hitmaker wil graag die rol van dié geslepe pickpocket speel.

Dit sal haar profiel as aktrise ook ’n hupstoot gee as sy die rol kry.

Rumours loop ook dat die sanger Adele die rol van Nancy kan speel en Ice Cube dié van Fagin.

Binnekringe het aan die koerant The Sun gesê Rita het regisseurs van die fliek “baie beïndruk”.

Hoogtes

Sy het ook die rol van Christian Grey se aangenome suster in Fifty Shades of Grey gespeel.

Rita juggle op die oomblik toneelspel, die modewêreld en haar sangloopbaan.

Dit lyk of haar akteursloopbaan dalk nuwe hoogtes kan bereik en daarom praat sy nou oor dié moontlike rol.

“Sy wil baie graag die rol hê en die casting team is tot dusver baie happy met haar,” sê ’n ingeligte bron. “Die movie gaan massive wees en daar is tans baie buzz in die bedryf.

“Dis baie opwindend vir haar.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters