28 dae gelede
RiRi se stem nog lánk stil
MAAK NIE MUSIEK: Rihanna gaan nou hard werk aan ’n nuwe skoonheidsreeks.  ~ Getty Images

ONS gaan tot in lengte van dae wag vir Rihanna se negende album.

Ek sien op dailymail.co.uk Rihanna (32) gaan eerder nou daarop fokus om ’n beauty bil­lionaire te word.

RiRi se fans wag al baie lank vir nuwe musiek van haar. Die sangeres het in 2016 laas ’n album uitgereik.

The Sun berig Rihanna het besef daar is meer geld in mode- en skoonheidsprodukte is as musiek – veral noudat die Covid-19-pandemie die kunste gekortwiek het.

Studio

RiRi gaan glo nie net ophou by haar Fenty-reekse, wat grimering, onderklere en klere insluit nie.

Sy beplan glo om miljoene te maak met ’n splinternuwe skoonheidsreeks en het reeds haar nuwe lyn, Buff Ryder, getrade­mark.

Bronne na aan Rihanna sê ons gaan lank wag voordat Rihanna weer in die studio gaan wees.

“Rihanna se negende album is onbepaald op ys. Sy beplan om groot geld te maak met ’n nuwe skoonheidsreeks wat hand aan hand gaan met haar Fenty Cosmetics-reeks.

Die bron wei uit: “Haar onderklerereeks het so goed gedoen, dat sy moet inspring terwyl haar brand nog op almal se lippe is.”

Die Navy (soos RiRi se fans hulself noem) gaan beslis nie hêppie wees met hierdie nuus nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters