3 maande gelede
RiRi is dol oor berk
Gelukkig: Rihanna sê sy doen sommer baie moeite met haar verhouding.Foto: Getty Images  ~ 

RIRI het liefde gevind – en nie in ’n hopelose plek nie.

Rihanna (31) is baie privaat oor haar liefdeslewe, maar sy het ’n bietjie skiet gegee en oopgemaak teenoor die tydskrif Interview oor haar verhouding met die ryk sakeman Hassan Jameel.

Die Fenty-sakevrou verduidelik hoe belangrik dit is om tyd vir jouself te maak, al het jy ’n besige skedule.

“Dit is eers in die laaste paar jaar dat ek besef het jy moet tyd aan jouself bestee, want jou geestesgesondheid hang daarvan af,” sê die sangeres.

Verlief

“As jy ongelukkig is, gaan alles soos ’n chore voel, selfs dinge waarvoor jy lief is.

“Ek wil nooit hê my werk moet soos ’n chore voel nie. My loopbaan gee my lewe sin. Dit moet altyd soos my happy place voel.”

Die Grammy-wenner het erken sy is verlief en sy droom van ’n gesin saam met haar Hassan.

“Ek is in ’n nuwe verhouding wat vir my baie beteken. Ek het vir myself gesê ek móét hiervoor tyd maak.

“Soos ek my besighede versorg, moet ek my verhouding versorg. Ek sal dinge vir twee of drie dae op lockdown sit net om hieraan aandag te gee.

“Op my kalender is daar nou die infamous “P dae” en dit verwys na my persoonlike dae. Dit is ’n nuwe ding.”

RiRi het ook gesê sy is beslis nie oorhaastig met trouplanne nie.

Toe die superster gevra is wanneer sy voor die kansel gaan staan, het sy geantwoord: “Net God weet.

“Die mens beplan, maar God lag, nè?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters