13 dae gelede
Rihanna is rykste musikant
Klomp tjieng: Rihanna is die rykste vroulike musikant in die wêreld. Foto: Getty Images  ~ 

RIRI vat voor met die kroon!

Rihanna is nommer drie op die Sunday Times se lys van die rykste musikante.

Die sakevrou en sangeres spog met sowat R10,5 miljard in die bank.

Die twee kunstenaars wat bo RiRi op die lys is, is Andrew Lloyd Webber en Paul McCartney. Dié twee ou Britse ballies is glo albei sowat R17,9 miljard werd.

Sukses

Net ná Rihanna op die lys is Elton John en ná hom is dit Mick Jagger.

Ek sien op E! die groot gedeelte van RiRi se totale worth is danksy haar 15%-aandeel in die Franse luxury company LVMH – wat sowat R7,8 miljard werd is.

Die sangeres van Barbados het ook groot gescore met haar skoonheidsreeks, Fenty Beauty. – NME

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters