10 dae gelede
Rick is vol stories
Rick RossFoto: Grammy.com  ~ 

TALLE celebs skryf memoirs oor hulle lewe en vertel die stories waarvan die publiek nie weet nie.

Dis egter nie aldag dat hip-hop-musikante dit doen nie.

Maar die “Hustling”-rapper en sakeman Rick Ross het nou juis daai ding gedoen.

Sy memoires, Hurricanes, word oor ’n paar maande uitgereik.

Rick vertel dat hy ’n drug dealer en korrektiewe beampte was. Hy vertel oor wilde dae van drive-by-skietery, ontvoering en aanranding.

Rick sê in ’n statement: “My storie is baie dieper as net rap. Met dié boek wil ek dieper delf as ooit.

“Ek vertel die verhaal van William Leonard Roberts II (sy regte naam).” – Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters