13 dae gelede
Ricardo se kinders tree op
trots: Carlynn en Rick-Lynn Groenewald, Ricardo se twee talentvolle kinders, gaan ook optree. foto verskaf  ~ 

DIE Ricardo Legacy Foundation bied die Lift Off Concert op Sondag 3 November aan by die Jubilee Life Ministries in 36 Industria Ring Road in Ravensmead.

Die Ricardo Legacy Foundation is gestig om die lewe van die Suid-Afrikaanse sanger Ricardo Groenewald te gedenk.

Ricardo was natuurlik ’n household name en het vele harte aangeraak en geïnspireer met die song “I Love You, Daddy”.

Die stigting se doel is om die legacy van Ricardo lewend te hou, die ontwikkeling van jong en opkomende talent, asook die ondersteuning van kankerbewustheid.

Van die kunstenaars wat gaan optree, is Wilmot Fredericks, Derrick Schippers, Sasha van Wyk, die HTS Choir, Elsiesrivier High School Choir en Ricardo se seun en dogter, Rick-Lynn en Carlynn.

Die orkes Friends of Ricardo Band sal die artists begelei in hulle optredes.

Die show begin reeds 17:00.

Kaartjies kos R120 en is by Quicket beskikbaar.

Of skakel 083 753 0270, 072 909 3941 of 081 718 1970 vir info.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters