16 dae gelede
Rehab is genesing vir Miley
ROLMODEL? Dit lyk asof rehab gewerk het vir Miley Cyrus.  ~ Getty Images

MILEY Cyrus is nou al ses maande nugter.

Die “We Can’t Stop”- sangeres het met die tydskrif Variety gepraat oor terapie en haar nuwe nugter leefstyl.

“Ek is al die afgelope ses maande nugter,” vertel sy. “Aan die begin was dit net ter wille van my vocal surgery.”

Sy het toe verduidelik sy het onlangs baie aan haar ma, Tish, gedink.

“My ma is aangeneem en ek het sommige van haar gevoelens geërf,” het sy vertel.

“Die gevoelens van verlating en die behoefte daaraan om te voel jy word waardeer.

Navorsing

“My pa, Billy Ray, se ouers is geskei toe hy drie was, so, hy het homself basies grootgemaak.”

Miley sê in navorsing oor haar familiegeskiedenis het sy baie issues met verslawing en geestesgesondheid gevind.

“So, ek gaan deur die navorsing en ek vra myself af hoekom ek is soos ek is,” vertel sy.

“Deur die verlede te verstaan, kan ons die hede en die toekoms duideliker sien. Ek dink terapie is goed.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters